Die mirtebos blom


 
Spierwit blomme met ’n naeltjie-geur
is genade wat teen droogtewind beur.
 

Die droogtewind waai al dae aaneen –
water is min en die reën bly ver.
Maar mirtebos blom op droogte se werf.

Bye dans om en om
oor die reinwit blomme in die son.
Suikerbekkies, skoenlappers en goue vink
kom haal die stroop wat die lewe skink.

’n Stuitige spreeu sit,
sat gevreet aan vye,
en skree beledigings in die wind.
(Gomtorre kan jy oral vind).

Spierwit blomme met ’n naeltjie-geur
is genade wat teen droogtewind beur.

Advertisements

4 gedagtes oor “Die mirtebos blom

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s